Wednesday, January 11, 2012

Ietsie vir die siel

Ek dink ek het begin dagboek skryf in Standerd 6, en dit was rondom daai tyd wat ek my lewe lange liefde vir gedigte begin ontwikkel het. En wie kan nou n mooi liefdesgedig weerstaan? Min woorde wat reusagtige beelde en gevoelens skep. Hierdie een woon al in my vir baie baie jare, ook van skooltyd af. Dit is van Sappho, n Griekse digteres, woonagtig op die eiland Lesbos. Dit is redelik los vertaal... nie deur my nie....maar die beelde is so duidelik en indrukwekkend. Dit laat my hart nog na al hierdie jare vinniger klop. En hy klop juis so lekker vandag vandat ek gehoor het dat my beminde een van die dae weer by die huis is.
Sommige se n leer te perd
Andere se n leer te voet
en nog andere, n vloot op die see
is die mooiste sig
op die donker aarde
maar, ek se:
hy wat jy bemin,
hy is dit.

No comments:

Post a Comment